Kaas, wyn, boetiekbier, boerbokvleis, skaapstertjies, afval en roomys . . . al dié lekkertes en méér wag by die tweede jaarlikse Groot Plaasproe van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober 2018 op die plaas Sandringham buite Stellenbosch.

Die Groot Plaasproe beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied, vir beide stads- én plaasjapies. Met unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier langs die braaivleisvuur) en nisprodukte soos wyn, Karoolam-sosaties, roosterkoek, biefstuk, joghurt en roomys by stalletjies te proe en te koop.

Ontmoet meer as 300 verskillende diere, sien skaaphonde aan die werk, leer hoe skape geskeer word, en kyk hoe wol gespin word. Stem vir die oulikste dier in die Groot Gunsteling-kompetisie. Kinders kan ‘n melkbok rondlei, op ponies ry, ‘n troeteldierplaas besoek, en saam met miniatuurperde en -donkies kuier.

Ontdek die verskil tussen alpakkas en lamas en probeer om 50 verskillende soorte hoenders uitmekaar te ken – van ‘n kapokkie sό piepklein dat hy in jou handsak kan pas tot ‘n Orpington sό groot dat jy hom agter op ‘n bakkie moet laai.

Vind uit waar die melk in die bottel vandaan kom, leer hoe skape geskeer word, en kyk hoe verskillende diere se wol gespin word. Besoek ook die reuse Italiaanse Romagnola-beespaartjie, Waldo en Olivia, in die luukse suiwelkoeihotel!

Op Saterdag 13 Oktober is daar vele hoogtepunte: Kom luister na die gewilde sangers Die Broers, Wynand en Cheree, en Die Wildberries. Jy kan ook kom leer lyndans en sokkie. In die speletjiesarena kan jy jou slag wys met boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie. En as jy dink jy is die Kaap se Braaibroodjiekoning beter jy inskryf vir The Braai Crew se tradisionele of gourmet-braaibroodjiekompetisie.

Die fees vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R100 vir volwassenes, R30 vir skoliere (gratis op Donderdag en Vrydag). Toegang vir kinders onder ses is gratis. Pensionarisse betaal op Donderdag en Vrydag slegs R50. Skoolgroepe moet vooraf bespreek vir die skoleprogram.

Die vyfde Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklas-tentoonstelling van die SA vee- en suiwelbedryf, vind ook van Donderdag tot Saterdag plaas. Dit sluit die grootste suiwelskou in SA in, wat vanjaar die SA Holstein Nasionale Kampioenskappe aanbied. Ook op die program is gratis melkbok- en vleisbeesinligtingsdae. Moenie die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning of -koningin op Saterdag 13 Oktober misloop nie.

Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za, volg Die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram, of kontak Agri-Expo by 021-975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

A few highlights of the 2017 programme

Click to sign up for our newsletter


Exhibitors



Livestock products throughout the value chain at this year's expo.

Agri-Expo Livestock is an excellent platform to market your products to the industry and the public.

News, photos and information

Read news from the agricultural sector and the expo. View photos from previous years to get a visual overview of the expo, or see what's waiting for you at the next Agri-Expo Livestock. There are some rules and regulations for exhibitors and general info that everyone should be aware of.

Key partners