Tentoonstelling bring produsente en verbruikers bymekaar

A world-class showcase where producers and consumers meet
August 11, 2017
Die Groot Plaasproe @Livestock – van bok tot bier!
August 11, 2017

Agri-Expo Livestock besoekers kan vanaf Donderdag 12 tot Saterdag 14 Oktober 2017 ‘n wêreldklastentoonstelling van die Suid-Afrikaanse veebedryf, sowel as ‘n uitstalling van die primêre vleis- en suiwelsektore en hulle waardekettings by Sandringham, Stellenbosch ervaar.

Agri-Expo Livestock het homself gevestig as die mees toonaangewende veetentoonstelling in die land en is gasheer van die grootste suiwel- en vleisbees-inter-raskompetisie in Suid-Afrika. Die hoogtepunt van die geleentheid is die kroning van die Suiwelkoningin en die Rooivleiskoning/in op Saterdag 14 Oktober.

Programaktiwiteite sluit in ras- en inter-raskampioenskappe, ‘n streeksjeugskou, ‘n vleisbees- en melkbokinligtingsdag, ‘n Jong Afslaerskompetisie en ‘n veiling vir miniatuurperde en -donkies.

Die Groot Plaasproe op Saterdag 14 Oktober is spesifiek gemik op die verbruiker om landbou op sy beste te ervaar met kaas, wyn, boerbok vleis, skaap stertjies, afval en meer. Hierdie unieke familiegeleentheid beloof om gesinne te vermaak met plattelandse gasvryheid.

‘n Omvattende skole-opvoedingsprogram is ontwikkel om leerders se kennis van hierdie interessante en dinamiese industrie te verbreed.   Skoolgroepe wat vooraf registreer, kry gratis toegang op die Donderdag en Vrydag.  Kontak Claudine Wagner by 021-975 4440 of Claudine@agriexpo.co.za.

Hekke open daagliks van 09:00 tot 18:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.  Vir meer inligting, besoek www.livestock.org.za of kontak Agri-Expo by 021-975 4440 of admin@agriexpo.co.za.