Vleisbeesinligtingsdag by Agri-Expo Livestock

Fourth Dairy Goat Information Day at Agri-Expo Livestock
September 15, 2017
Beef Cattle Information Day at Agri-Expo Livestock
September 18, 2017

Vleisbeesboere en ander belangstellendes kan vanjaar weer gratis by kenners kom kers opsteek by die jaarlikse Vleisbeesinligtingsdag op Vrydag 13 Oktober 2017 tydens Agri-Expo Livestock op Sandringham buite Stellenbosch.

Vanjaar se program sluit weer sprekers van reg oor die land in, waaronder dr Gillian Declercq (Staatsveearts by die Gautengse Department van Landbou en Landelike Ontwikkeling) wat haar kennis kom deel oor hoe Boererate as eenvoudige oplossing vir algemene kwale by plaasdiere ingespan kan word – ideaal vir kleinboere wat nie altyd toegang tot veeartse het nie.

Die ander sprekers is:

  • Gerhard Schutte (Hoof Uitvoerende Beampte van die Rooivleis Produsente Vereniging (RPO)) oor die nuutste rooivleistendense,
  • Nico Groenewald (Hoof van Agribesigheid by Standard Bank) oor finansiële bestuur van boerderye,
  • Dr Faffa Malan oor droogtebestuur (moontlik gemaak deur Landbouweekblad), en
  • Jaco Smit (Besturende Direkteur van Taurus Evolution) oor “Klein getalle – Groot Kampioene”.

Die program word finansieel ondersteun deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en het ten doel om vaardighede te ontwikkel, marktoegang te verbeter en volhoubaarheid te bevorder.

Die Vleisbeesinligtingsdag vind van 09:00 tot 13:30 in die Agri-Expo-konferensiesentrum plaas. Dié inligtingsdag is een van Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap (ook bekend as Agri-Expo) se projekte om die beeld van landbou te bevorder. Bywoning is gratis en enige navrae kan aan Breyton Milford by 021 975 4440 of breyton@agriexpo.co.za gerig word.

Agri-Expo Livestock vind van 12 tot 14 Oktober 2017 plaas. Vir meer inligting, besoek www.livestock.org.za.