Wen met jou troetelkonyn by die Groot Plaasproe

Agri-Expo Livestock hosts 20th SA Holstein National Championships
August 31, 2018
Western Cape’s biggest rabbit show at Agri-Expo Livestock
September 8, 2018

Meer as 15 verskillende konynrasse sal vanjaar te sien wees by die Lente-kampioenskapskou van die Kaapse Konynklub. Die Lenteskou is die grootste konynskou in die Wes-Kaap en is vanjaar ‘n nasionale skou. Die skou word vir die tweede agtereenvolgende jaar by Agri-Expo Livestock, van 11 tot 13 Oktober 2018, op Sandringham buite Stellenbosch aangebied.

Abigael Ken van West Beach, die 2017-wenner van die Beste Troetelkonyn

Inskrywings stroom reeds in vir die skou, wat beoordeel word deur die bekende Suid-Afrikaanse alle-rasse-beoordelaar Karoline Steenekamp en beoordelaar Judy Stuart van die Natalse Konynklub. Rasse wat reeds ingeskryf is, sluit in SA Angora, Netherland Dwarf, Jersey Wooly, Dutch, Belgian Hare, Hotot, English, Flemish Giant, Frosted Pearl, Cinnamon, Beige, New Zealand, Silver Fox, Chinchilla Giganta, Rex, Californian en Satin. Inskrywings sluit op 19 September 2018.

Platform om opreggeteelde konyne te bevorder

Die Kaapse Konynklub bevorder die teel van opregte konyne. Volgens Simone van Zyl is die klub oop vir alle belangegroepe, kommersiële boere, telers, liefhebbers en troeteldiereienaars.

“Verlede jaar se skou het al ons verwagtinge oortref met 142 konyne wat ingeskryf is,” sê Van Zyl. “Die Konynwerf by Agri-Expo Livestock skep die ideale platform om die publiek in te lig oor die behoorlike versorging en hantering van konyne, en om jong sowel as kommersiële telers te help.”

Skryf jou troetelkonyn in

Troetelkonyne kan ingeskryf word vir ‘n spesiale troetelkonynskou wat om 10:30 op Saterdag 13 Oktober plaasvind. Die inskrywingsfooi is R25 en inskrywings sluit op 1 Oktober 2018. Om in te skryf, of vir meer inligting, kontak vir Simone van Zyl per e-pos of 083 231 0399 of Karoline Steenekamp by 082 867 9139.

Die publiek kan die konyne daagliks van 10:00 tot 18:00 by die Konynwerf besigtig as deel van Livestock, ‘n wêreldklastentoonstelling van die vee- en suiwelbedryf. Die program sluit ook die Wes-Kaap Boerboelskou, skaaphond- en perdeveilings, en Die Groot Plaasproe-stalletjies met plaaskos, wyn en bier in. Op Saterdag 13 Oktober tree Die Broers en ander kunstenaars op. Besoek www.livestock.org.za vir die volledige program. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R30 vir skoliere (gratis op Donderdag en Vrydag) en gratis vir kinders onder ses jaar, beskikbaar by Computicket en by die hek. Pensioenarisse betaal slegs R50 op Donderdag en Vrydag. Vir meer inligting, kontak Agri-Expo by 021-975 4440.