Die Groot Plaasproe – van bok tot bier!

Tentoonstelling bring produsente en verbruikers bymekaar
August 11, 2017
The Groot Plaasproe @Livestock – from goat to beer!
August 11, 2017

VIER DIE PLAASLEWE BY DIE GROOT PLAASPROE

Die Groot Plaasproe – van bok tot bier!

Die derde jaarlikse Groot Plaasproe van Saterdag 12 tot Sondag 13 Oktober 2019 op Sandringham buite Stellenbosch beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied!

Nie net is daar plaaskos te kies en te keur nie; feesgangers kan ook meer as 300 plaasdiere van nader leer ken én boonop pryse wen met hul braai- en dansvernuf. Dié fees is nie verniet vir twee jaar in ‘n ry met die uitstalbedryf se prestige-toekenning, die AAXO (Association of African Exhibition Organisers) ROAR-toekenning as ‘Beste Handel- en Verbruikersuitstalling in Afrika’, bekroon nie.

Smulpape kan unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) geniet, hul smaakkliere bederf op Internasionale Pinotage-dag (12 Oktober) en smul aan gewilde eetgoed soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, plaaslike wyn en gin, Karoolam-sosaties, Wagyu-hamburgers, spesialisbrode en handgemaakte roomys. Bobaas-braaiers kan inskryf vir Die Braai Crew se braaibroodjie- en ander braaikompetisies.

Kom ontmoet meer as 300 verskillende plaasdiere – soos reuse Percheron-perde en skaars wit beeste soos Romagnolas. Splinternuut vanjaar is Arabierperd-vertonings wat beloof om skouspelagtig te wees. Sien ook skaaphonde aan die werk, vind uit waar die melk in die bottel vandaan kom en neem ‘n selfie saam met miniatuurperdjies. Kinders kan op ponies ry, stokbrood maak en hul hase inskryf vir ‘n troetelkonynskou. Oud en jonk kan hul slag wys met boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie. Kom sokkie en langarm op die maat van gewilde kunstenaars of leer lyndans saam met 250 lyndansers – met lekker pryse te wen!

Die fees vind daagliks van 10:00 tot 18:00 plaas. Kliek hier om jou kaartjies by Computicket te koop teen R120 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Kaartjies is ook by die hek beskikbaar. Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Saterdag-kaartjies sluit toegang in tot Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklastentoonstelling van die Suid-Afrikaanse vee- en suiwelbedryf, met die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning/in as hoogtepunt.

Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za, volg die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram @grootplaasproe, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.