Die Groot Plaasproe 2019

VIER DIE PLAASLEWE BY DIE GROOT PLAASPROE

Die Groot Plaasproe – van bok tot bier!

Die derde jaarlikse Groot Plaasproe van Saterdag 12 tot Sondag 13 Oktober 2019 op Sandringham buite Stellenbosch beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied!

Nie net is daar plaaskos te kies en te keur nie; feesgangers kan ook meer as 300 plaasdiere van nader leer ken én boonop pryse wen met hul braai- en dansvernuf. Dié fees is nie verniet vir twee jaar in ‘n ry met die uitstalbedryf se prestige-toekenning, die AAXO (Association of African Exhibition Organisers) ROAR-toekenning as ‘Beste Handel- en Verbruikersuitstalling in Afrika’, bekroon nie.

Smulpape kan unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) geniet, hul smaakkliere bederf op Internasionale Pinotage-dag (12 Oktober) en smul aan gewilde eetgoed soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, plaaslike wyn en gin, Karoolam-sosaties, Wagyu-hamburgers, spesialisbrode en handgemaakte roomys. Bobaas-braaiers kan inskryf vir Die Braai Crew se braaibroodjie- en ander braaikompetisies.

Kom ontmoet meer as 300 verskillende plaasdiere – soos reuse Percheron-perde en skaars wit beeste soos Romagnolas. Splinternuut vanjaar is Arabierperd-vertonings wat beloof om skouspelagtig te wees. Sien ook skaaphonde aan die werk, vind uit waar die melk in die bottel vandaan kom en neem ‘n selfie saam met miniatuurperdjies. Kinders kan op ponies ry, stokbrood maak en hul hase inskryf vir ‘n troetelkonynskou. Oud en jonk kan hul slag wys met boeresport en ‘n Groot Roomys-eet-kompetisie. Kom sokkie en langarm op die maat van gewilde kunstenaars of leer lyndans saam met 250 lyndansers – met lekker pryse te wen!

Die fees vind daagliks van 09:00 tot 17:00 plaas. Kliek hier om jou kaartjies by Computicket te koop teen R120 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Kaartjies is ook by die hek beskikbaar. Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. Saterdag-kaartjies sluit toegang in tot Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklastentoonstelling van die Suid-Afrikaanse vee- en suiwelbedryf, met die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning/in as hoogtepunt.

Vir meer inligting, besoek www.diegrootplaasproe.co.za, volg die Groot Plaasproe op Facebook, Twitter of Instagram @grootplaasproe, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

The Groot Plaasproe – from goat to beer!

The third annual Groot Plaasproe from Saturday 12 to Sunday 13 October 2019 at Sandringham outside Stellenbosch promises a taste experience of everything that farm life offers!

In fact, there is a feast of farm food to choose from; festival goers can also get up close with more than 300 farm animals and win prizes by showing off their braai and dance skills. No wonder this festival was awarded one of the exhibition industry’s prestige awards, the AAXO (Association of African Exhibition Organisers) ROAR Award as “Best Trade and Consumer Exhibition in Africa”, for two years consecutively.

Food lovers can enjoy unique combinations such as “Bok & Bier” (Boer goat meat and craft beer), treat their taste buds on International Pinotage Day (12 October) and relish tasty farm food creations such as “roosterkoek”, venison, “skaapstertjies”, local wine and gin, Karoo lamb kebabs, Wagyu hamburgers, speciality bread and handmade ice cream. Top braaiers can enter the Braai Crew’s “braaibroodjie” and other braai competitions.

Meet over 300 different farm animals, see sheep dogs at work and find out where the milk in the bottle comes from. Brand new this year is an Arabian horse show that promises to be spectacular. Children can ride on ponies, make their own “stokbrood”, take selfies with miniature horses and enter their bunnies into a pet rabbit show. Old and young can show off with boeresport and an ice cream-eating competition. Learn to master line-dancing alongside 250 line-dancers and “langarm” and “sokkie” (dance) to the beat of popular artists.

The festival takes place daily from 09:00 to 17:00. Click here to buy your tickets from Computicket at R120 for adults and R30 for scholars. Tickets will also be available at the gate. Entrance is free for children under age six years. Saturday tickets include access to Agri-Expo Livestock, a world-class exhibition of the South African livestock and dairy industries, with the crowning of the FNB Dairy Queen and the BKB Red Meat King as its highlight.

Visit www.grootplaasproe.co.za for more information; follow the Groot Plaasproe on Facebook, Instagram or Twitter @grootplaasproe, or contact Agri-Expo on 021 975 4440 or admin@agriexpo.co.za.