Educational AND fun
Hierdie ekspo skep 'n platform waar die jeug van Suid-Afrika kan deelneem aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite.
Schools programme
Educating learners about the various options and possibilities that the livestock industry offers, is one of our key focus areas. We annually host more than 2500 learners over two days (Thursday & Friday) for a free agricultural education programme. Learners are edutained by means of a scheduled programme, made possible in partnership with the Western Cape Department of Agriculture. Please e-mail us for more information.
Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, aangebied deur Veeplaas/Stockfarm
’n Opwindende demonstrasie van vaardighede wanneer ontluikende afslaers teen mekaar meeding in die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, aangebied deur Veeplaas/Stockfarm. Deelnemers ding mee in vir drie kategorieë, naamlik juniors (vir leerders, 19 jaar en jonger), jong afslaers (vir mense, 25 jaar en jonger) en die aspirant-afslaers (afslaers wat opleiding ontvang het, maar wat nog nie as afslaers aangestel is nie).
Old Mutual Insure Regional Youth Show
Deelnemers so jonk as ses jaar oud vertoon hul bokke, skape, beeste en pluimvee by die Old Mutual Insure Wes-Kaap Streeksjeugskou tydens Agri-Expo Livestock. Dié geleentheid fokus op die ervaring en vertoonkuns van die jeug.
WES-KAAP JEUGSKOU: ‘n MODERNE PLATFORM VIR JEUG IN LANDBOU
Wes-Kaap jeugskou is ‘n toonbeeld van jeug wat passievol is oor landbou. Hierdie organisasie is in 1999 gestig met een doel voor oë, om die jeug betrokke te kry by landbou. Vandag is meer as 10 000 leerders reeds bereik met ongeveer 700 deelnemers per jaar wat by verskeie geleenthede hul vaardighede ten toon stel.
JEUGSKOU: ‘N KOMPETISIE VIR ELKE KINDJeugskou is ‘n kompetisie waar leerders aan 15 kategorië kan deelneem naamlik; Pluimvee, Konyne, Melkbokke, Boerbokke, Angorabokke, Wolskape, Vleisskape, Varke, Suiwelbereiding, Wedvlugduiwe, Sierduiwe, Vleisbeeste, Suiwelbeeste, Perde en Kullinere Kuns. Elkeen van hierdie afdelings het ‘n handleiding en ‘n stel reëls waaraan leerders moet voldoen. Die inhoud van hierdie handleiding bestaan uit alle aspekte van die spesifieke kategorie bv. voeding, behuising, gesondheid ens. Hierdie teoretiese kennis is die grondslag vir die skouring waar die deelnemer se praktiese kennis getoets word. Gekwalifiseerde beoordelaars tree op om die vaardighede van elke deelnemer te beoordeel en ook om die deelnemer beter te kwalifiseer vir die toekoms.
RAAK BETROKKE BY JEUGSKOU IN DIE WES-KAAP
Die Wes-Kaap Jeugskou is bevoorreg om hierdie kompetisie op verskeie platforms reg oor die provinsie aan te bied. Die sterk gevestigde landbouskoue in die Wes-Kaap maak dit ‘n ideale platform en jeugskoue word aangebied by Riversdal Skou, Moorreesburg Skou, Heidelberg Skou, Swellendam Skou, Clanwilliam Skou, George Skou, Agri Mega Week, Malmesbury Skou en tydens Agri-Expo Livestock. Leerders verwerf punte by hierdie verskeie streekskoue om aan die Agri-Expo Wes-Kaap jeugskou Kampioenskappe deel te neem waar ‘n Wes-Kaap span gekies word om aan die Jaarlikse Nasionale Kampioenskappe deel te neem. Die Wes-Kaap Jeugskou wil die program onder die aandag van meer leerders van verskeie agtergronde van reg oor die Wes-Kaap bring. Dit sal verseker dat meer leerders aan landbou blootgestel word, vaardighede binne die landbou gekweek word en om landbou as beroepsrigting te stimuleer.
WES-KAAP JEUGSKOU - ‘N SUKSESVERHAAL
Die Wes-Kaap is die provinsie met die meeste jeugskoudeelnemers op streeksvlak en ook tydens die Nasionale Kampioenskappe jaarliks. Die gesogde trofee vir die Provinsie met die meeste punte is die afgelope 10 jaar agtereenvolgend deur die Wes-Kaap Jeugskou gewen. Die sukses van hierdie projek is onmoontlik sonder die hulp van Agri-Expo en Departement Landbou: Wes-Kaap wat die projek vir baie jare ondersteun het en nog steeds glo aan die waarde wat hierdie projek aan die jeug bied. Ander vennote van die Wes-Kaap Jeugskou sluit ook in Old Mutual Insure, Nedbank en Plaas Publishing. Die Jeugskou in die Wes-Kaap is aan die groei en ‘n goed saamgestelde webwerf, ‘n sterk Facebook blad en ‘n passievolle bestuur getuig hiervan. Word deel van Jeugskou in die Wes-Kaap deur ons te besoek by www.youngfarmers.co.za of maak kontak met ons op Facebook.